Greenkeeper Supervisor / Toesighoudende Baanopsigter
OOS VRYSTAAT KAAP BEDRYF BPK / OPERATIONS LTD
Ladybrand, Free State
Permanent
Apply
Posted 03 December 2025 - Closing Date 11 December 2025

Job Details

Job Description

Kern doel van die pos:

Algemene bestuur en onderhoud van die golfklub, insluitend die algehele toesig oor alle grondpersoneel, klubhuispersoneel, sowel as die klubhuis en omliggende areas.

Minimum Vereistes:

  • Graad 12;
  • 1 -2 jaar ondervinding in golfbaanbestuur en onderhoud (sal tot u voordeel wees);
  • Geldige rybewys.

Vaardighede:

  • Hortikulturele kennis (begrip van plante, grasse en tuinboupraktyke);
  • Goeie menseverhoudings;
  • Baanbestuur (vaardigheid in die bestuur van golfbaanonderhoud, insluitend besproeiing, bemesting en onkruidbeheer);
  • Masjienvaardighede (Kennis van en ervaring met die gebruik van tuin- en onderhoudsmasjiene);
  • Goeie organisasie vermoë;
  • Stiptelikheid en netheid;
  • Moet onder druk kan funksioneer;
  • Kommunikasie en interpersoonlike vaardighede.

Verantwoordelikhede:

  • Personeelbestuur;
  • Baanbestuur;
  • Klubhuis administrasie;
  • Kommunikasie en verslagdoening;
  • Nakoming van Gesondheid en Veiligheids vereistes;
  • Vooraadbestuur en finansiële oorsig.